SA nuwe minimumloon gaan boere knou

Die nuwe nasionale minimum loon in Suid-Afrika, insluitend vir plaaswerkers, is vanaf 1 Maart tot R27,58 per uur verhoog. Dit is ‘n verhoging van 8,5 persent vergeleke met die minimum loon van R25,42 per uur tot die einde van Februarie en ook hoër as die gemiddelde inflasiekoers van 6 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gepraat oor die impak op die landbousektor. Hy sê dit gaan geweldige kostedruk op boere uitoefen en is ook nadelig vir werkskepping.