Namibiese sport herdenk wyle president Geingob

Plaaslike sportkodes het nuwe reëlings bekend gemaak na die heengaan van president Hage Geingob. Die Nedbank Cycle Challenge wat aanvanklik Sondag sou plaasvind, is uitgestel in die lig van sy dood, sê Nedbank Namibië saam met sy medeborge en die organisering-span. Die bank sê in ‘n verklaring dat hy die nuwe datum, asook alle ander besonderhede, sal kommunikeer sodra dit vasgestel is. Hy bedank ook fietsryers en hul ondersteuners vir hulle begrip. Die Namibiese Sokkervereniging het ook aangekondig dat alle spanne swart armbande moet dra wanneer ligawedstryde hervat word, ter ere van wyle president Geingob.