TotalEnergies, Vantage Drilling verkry saam Tungsten Explorer-boorskip

TotalEnergies en Vantage Drilling International het ‘n bindende ooreenkoms onderteken om ‘n nuwe gesamentlike onderneming te skep wat die Tungsten Explorer-boorskip van Vantage sal verkry. Die Tungsten Explorer is reeds in eksplorasie- en ontwikkelingsaktiwiteite in onder meer Namibië gebruik, waar dit aflandig Lüderitz in die diepsee boor. TotalEnergies sal 199 miljoen Amerikaanse dollar betaal vir ‘n 75 persent-belang in die gesamentlike onderneming wat die tuig besit, met Vantage wat die oorblywende 25 persent besit. Die nuwe onderneming sal Vantage kontrakteer om die Tungsten Explorer vir 10 jaar te bedryf. Patrick Pouyanné, die voorsitter en hoof uitvoerende beampte van TotalEnergies, sê hulle sal so diep in die see boorkoste kan verskans.