Hoofregter open regsjaar, fokus op meer vroue in howe

Hoofregter Peter Shivute het in sy amptelike jaarlikse opening van die Namibiese regsjaar, verslag gelewer oor die staat van die regstelsel in die land. Hy het gefokus op suksesse en mylpale bereik. Shivute het afgeskop met die hof se toewyding tot meer vroue in die hooggeregshof.