Cosatu geskok oor verval in Gauteng se brandweerdiens

Cosatu in Gauteng sê hy is ontsteld oor die skokkende onthulling dat daar ʼn tekort aan brandweerwaens en -vragmotors in die Stad Johannesburg is. Daar is tans op die meeste tien werkende brandweerwaens en -vragmotors vir die hele stad. Cosatu se provinsiale voorsitter, Amos Monyela, sê die gebrek aan operasionele brandweerwaens en -vragmotors laat ernstige vrae ontstaan oor die stad se gereedheid en vermoë om noodgevalle doeltreffend te hanteer: