Hamas vra 4,5 maande se skietstilstand

Hamas het ‘n wapenstilstand-plan voorgestel wat die gevegte in Gaza vir vier en ‘n half maande sal stopsit, waartydens alle gyselaars vrygelaat sal word, Israel sy troepe uit die Gaza-strook sal onttrek en ‘n ooreenkoms bereik sal word oor ‘n einde aan die oorlog. Die militante groep se voorstel – ‘n reaksie op ‘n aanbod wat verlede week deur Katari en Egiptiese bemiddelaars gestuur is – kom in die grootste diplomatieke poging nog vir ‘n verlengde pouse in die gevegte, en is met hoop en verligting in die Gaza-strook begroet. Daar was geen onmiddellike openbare reaksie van Israel nie.