Geen bedreiging vir Nigeriërs in SA nie

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê die kennisgewing wat die Nigeriese Hoëkommissariaat in Pretoria uitgereik het, is betreurenswaardig. Die kommissariaat het gewaarsku teen wat hy beskryf as bedekte dreigemente teen Nigeriërs wat in Suid-Afrika woon. Dit is in aanloop tot dié twee nasies se halfeindwedstryd vandag in die Afrikabeker. Die kommissariaat maan sy burgers om nie uitlokkend fees te vier indien die Super Eagles wen nie. Die departement se woordvoerder, Clayson Monyela, sê die kennisgewing veroorsaak ontsteltenis en onnodige spanning: