Ma van skoolskieter skuldig aan manslag

’n Jurie in Michigan het die ma van ’n tiener wat vier klasmaats by ’n hoërskool naby Detroit doodgeskiet het aan manslag skuldig bevind nadat aanklaers aangevoer het sy dra verantwoordelikheid. Sy en haar man het die vuurwapen aan hul 15-jarige seun gegee en het volgens die jurie waarskuwingstekens van geweld geïgnoreer. Die 45-jarige Jennifer Crumbley is die eerste ouer in die Verenigde State wat aangekla is in die verband en skuldig bevind word. Die egpaar se seun, Ethan, het in 2022 skuldig gepleit op vier aanklagte van moord en ander aanklagte en is in Desember tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Crumbley sal op 9 April gevonnis word terwyl haar man, James, se verhoor op 5 Maart begin.