Water: Windhoek behaal steeds nie besparingsteikens nie

Stad Windhoek het kommer uitgespreek omdat inwoners van die stad steeds nie die water besparingsteiken van 10 persent haal nie. Tussen 30 Januarie en 5 Februarie is die stad 10 persent oor sy besparingsteiken. Die stad benut op die oomblik boorgat- en akwifer water, aangevul deur herwinde water en water van NamWater. Die stad het onderneem om in Februarie sy besparingsveldtog van stapel te stuur maar die blyk om steeds vertraag te wees. Die sentrale waterbronne in die damme staan op net bo 21 persent.