Aussies boos oor transgender modelle

Aussies beloof om Bonds te boikot nadat die onderkleremaatskappy ‘n bebaarde, nie-binêre persoon gebruik het om een van hulle nuwe bikini’s bekend te stel. Die ikoniese Australiese onderklerehandelsmerk het twee nie-binêre modelle gebruik om sy US$18,99 (sowat N$360) ‘Retro Rib™ Seamless Tonal Hi Bikini’ as deel van sy Pride 2024-reeks te adverteer. Die versameling is in lyn met ‘n Pride-veldtog wat transgender-modelle en drag queens ten toon stel, asook modelle wat identifiseer as gay, biseksueel en panseksueel. Kliënte is boos oor die nuwe aanslag van hul geliefkoosde onderklerehandelsmerk en het uiters negatiewe kritiek gelewer op Bonds se sosiale media platforms. 

Foto: bonds.com.au