Nog ‘n kind sterf na koekies van ‘n spazawinkel

Die Gautengse Onderwysdepartement betreur die dood van ‘n graad 1-leerder van die Laerskool Mandlethu in Tsakane, Brakpan. Die leerder het na bewering gesterf aan koekies van ‘n plaaslike spazawinkel. Die kind het glo in die klas siek geword, naar geword en gesterf met die paramedici se aankoms. Die woordvoerder, Xolani Mkhwemte, het ouers versoek om versigtig te wees met sekere spazawinkels se produkte.