Versigtig waar julle aanlyn koop: FNB Namibië

Die tendens van aanlyn inkope doen neem steeds toe, en FNB Namibië waarsku kliënte om versigtig te wees om te verhoed dat hulle slagoffers van kubermisdadigers word. Die publiek is verder deur FNB se risikobestuurder, Vernon Husselman, gemaan om nie aankope op twyfelagtige webwerwe te doen nie weens die risiko’s verbonde aan aanlyn inkopies.