Okahandja-munisipaliteit wil inwoners by besluitneming betrek

Die bestuurskomitee van die Okahandja-dorpsraad het op 31 Januarie met gewone raadsvergaderings die nuwe jaar se werksaamhede afgeskop. Die raad sal môre met openbare konsultasies begin om sy werksaamhede, toekomstige ontwikkelingsprojekte en die 2024/2025 finansies en begroting te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Vincent Kariseb, die voorsitter van die Okahandja-dorpsraad, gesels. Kariseb sê die doelwit is om die publiek by die besluitneming in die dorp in te sluit.