DA vra interne oudit nadat rekenings dubbel gedebiteer is

Die DA in die Wes-Kaap het ‘n interne oudit versoek om die oorsaak van die fout te identifiseer wat veroorsaak het dat inwoners van Knysna se rekeninge dubbeld gedebiteer is. Dit word gevra sodat diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik gehou kan word. Talle inwoners het twee betalings ingeboet vir hul maandelikse munisipale rekenings. Die DA-lid, Levael Davis, sê dit is onregverdig teenoor die inwoners, veral pensioentrekkers en gesinne wat dit nie kan bekostig nie, om ‘n dubbele debiet te moet betaal.