Alice Cooper is weer terug op die luggolwe met ‘n splinternuwe radioprogram

Alice Cooper se nuwe radioprogram getiteld “Alice’s Attic” is die 76 jarige skok-rocker se terugkeer na radio twee jaar nadat sy program ‘Nights with Alice Cooper’ geëindig het. Die ‘Poison’ sanger het saamgespan met Superadio om die program te skep wat van Maandae tot Donderdae op die lug is. In ‘n verklaring het Alice gesê: “Aan al my mal radio-ondersteuners, ek is TERUG!” Oor die jare het Alice Cooper onderhoude gevoer met mense soos Joe Perry van Aerosmith en sy band The Hollywood Vampires, Brian Johnson van AC/DC, Ozzy Osbourne, Meat Loaf, Rob Zombie, en vele meer op ‘Nights with Alice Cooper’.

Foto verskaf.