Kommer oor hittegolwe tydens Spele
Weerkenners waarsku Parys kan uitermate hoë temperature verwag tydens vanjaar se Spele. ‘n Studie oor klimaat-nabootsings waarin die ergste scenario’s voorspel word, dui op die risiko van ‘n twee-weke-lange hittegolf wat die rekord warm tydperk sal oortref wat in 2003 in die Franse hoofstad bereik is. Die hoofskrywer, Pascal Yiou, sê die klimaat het verander en beleidmakers moet bewus wees toestande wat selfs erger is as in 2003 is inderdaad ‘n moontlikheid. Die Spele word in die middel van die Europese somer gehou, van 26 Julie tot 11 Augustus.