Sacky Shangala deel van sy ervaringe met Geingob

Die voormalige spesiale assistent van wyle president Hage Geingob, Sacky Shanghala, wat later in Geingob se administrasie as prokureur-generaal en justisie-minister gedien het, vertel van oomblikke wat hy met die president gedeel het. Shanghala het Geingob die eerste keer in 1999 ontmoet terwyl hy Regte aan die Universiteit van Namibië studeer het. Shanghala, wat tans verhoorafwagtend is in verband met die Fishrot-skandaal, het met die plaaslike NewsonOne gesels.