Namibia het ‘n nuwe jong-sjef uitblinker!

Benita Ishekwa, wat Namibië verteenwoordig het by die 2024 Jong Sjef Olimpiade in Indië, is op pad huis toe nadat sy twee toekennings gewen het. Dit was die gesogte Opkomende ster van die kompetisie-toekenning, en die Beste higiëne en kombuispraktyke-toekenning. Ishekwa is ‘n student aan die Silver Spoon Hospitality Academy in die hoofstad, en Sjef Terry Jenkinson van die Akademie het met Kosmos 94.1 Nuus oor haar prestasies gepraat.