Christine Mboma mik na Europa-atletiek in April
Namibië se talentvolle naelloper, Christine Mboma, het goedkeuring van Wêreldatletiek gekry om weer aan die 100-meter- en 200-meter-items deel te neem. Dit volg na behandeling om haar testosteroonvlakke tot die wettige perk van 2,5 te verlaag. Mboma se afrigter, Henk Botha, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit gaan baie goed met haar en haar voorbereiding, en sy sal waarskynlik in April in Europa begin meeding, en moontlik ook aan die Diamantliga in China kan deelneem.