Daar is ongerymdhede by Gauteng se gesondheid – DA

Die DA in Gauteng sê die Staatsdienskommissie het die afgelope drie jaar 13 onreëlmatige personeelaanstellings in die provinsiale Gesondheidsdepartement ondersoek, maar in nege van die gevalle het die departement nie die kommissie se aanbevelings ingestel nie. Dit is volgens die LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, se skriftelike antwoord op die party se vrae in die wetgewer. Die DA-lid, Jack Bloom, sê die kommissie het afgekom op onreëlmatighede in die George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa, Tshwane: