Geen presidensiële verkiesing nou nodig nie – kenner
Die stappe deur die Namibiese regering na die afsterwe van president Hage Geingob is volgens die Grondwet korrek. Daar was vrae oor of ‘n presidensiële verkiesing binne 90 dae moes plaasvind, maar, dit is net die geval as die huidige amp meer as ‘n jaar oor het. Plaaslik is dit nie die geval nie, as gevolg van die November-verkiesings. Die inhuldiging en inswering op 21 Maart volgende jaar is bloot ‘n geleentheid. Die nuwe president sal die verkose een word na die verkiesingsuitslae in November en dus is ‘n verkiesing nie nodig nie. Advokaat Richard Metcalfe verduidelik.