Die goeie nuus? Inflasie behoort te daal…February 5, 2024

Ontleders is van mening dat inflasie behoort vanjaar te daal. Volgens sy vooruitsigte vir 2024, sê die plaaslike makelaar Simonis Storm hy verwag ‘n korttermyn styging na aanleiding van internasionale stygings in olie en brandstof maar, dat dit sal afplat. Die firma sê inflasie behoort plaaslik ‘n gemiddeld van 4,9 persent vanjaar te bereik, af van 6,1 persent in 2022 en 5,9 persent in 2023. Die daling sal aangevuur word deur ‘n verlaging in brandstofpryse sowel as a stabiele Suid-Afrikaanse rand.