VSA beloof nog aanvalle teen Houthi’s
Amerika het verdere optrede beloof nadat hy groot aanvalle op Irans-ondersteunde groepe in Irak en Sirië uitgevoer het. Hy beskuldig Iran dat hy opdrag gegee het vir ʼn hommeltuig-aanval waarin drie Amerikaanse soldate in Jordanië dood is. Amerika het Vrydag 85 teikens aangeval wat verbind word met militante wat bande het met Iran en Teheran se rewolusionêre wag, en wat tot die dood van 16 mense gelei het. Amerika se nasionale veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan, sê hulle sal voortgaan om ʼn duidelike boodskap te stuur dat Amerika sal reageer wanneer sy soldate aangeval en doodgemaak word.