Man vas na hy by amptelike konvooi indruk

Polisie in Gauteng het ʼn 57-jarige man in hegtenis geneem wat volgens berigte ingemeng het by ’n motorkonvooi van ʼn buitelandse hooggeplaaste wat gister op pad was na die Lanseria Internasionale Lughawe. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê verkeersbeamptes en polisielede wat die hooggeplaaste vergesel het, het die man gewaarsku om weg te bly van die konvooi, maar hy het volgens berigte die waarskuwingstekens geïgnoreer. Sy sê die man het probeer om by die motorkonvooi in te kom en met sy derde poging het die polisie hom afgetrek en gearresteer: