Geingob se heengaan wyd betreur

‘n Hartseer Nahas Angula, oudpremier en mede stydros vir Namibië se vryheid, het hulde aan president Hage Geingob gebring. Hy doen ook ‘n beroep op eenheid in die land.

Intussen het president Cyril Ramaphosa se kantoor ook medelye met die Geingobefamilie en die Namibiese volk uitgespreek. Sy woordvoerder Vincent Magweya sê Geingob was ‘n uitstekende leier.

Hy sê hulle rou saam met Namibië.