Senegal se verkiesing is uitgestel

Die president van Senegal, Macky Sall, het die presidensiële verkiesings van later die maand, uitgestel. Hy gee omstredenheid oor die diskwalifikasie van sommige kandidate en bewerings van korrupsie in verkiesingsverwante sake as redes aan. Sall het die wetgewing herroep wat die verkiesingsliggaam sou byeenroep, net toe veldtogte vir die verkiesings op die 25ste van die maand sou begin. Senegal is een van Wes-Afrika se mees stabiele demokrasieë. Die besluit volg na die samestelling van ‘n parlementêre ondersoekkomitee oor die integriteit van die twee regters van die Grondwetlike Raad.