Ons het saam met Neanderthals geleef

Mikroskopiese fragmente van proteïne en DNS van bene wat in ‘n grot, agt meter diep, ontdek is, toon Neandertals en moderne mense het waarskynlik 45 000 jaar gelede langs mekaar in Noord-Europa geleef. Die genetiese ontleding van die fossiele, wat naby die dorp Ranis ontdek is, dui daarop dat moderne mense die skeppers was van kenmerkende blaarvormige werktuie wat argeoloë voorheen geglo het deur Neandertals gemaak is. Dit was nie voorheen bekend dat moderne mense, of Homo sapiens, so ver noord in die streek gewoon het waar die werktuie gemaak is nie.