Greta Thunberg in Londen vrygespreek

Die klimaataktivis Greta Thunberg is vrygespreek van ‘n openbare orde-oortreding, na ‘n regter beslis het die polisie het geen mag om haar en ander aktiviste in hegtenis te neem tydens ‘n betoging verlede jaar in Londen nie. Thunberg het tereggestaan saam met vier ander beskuldigdes. Hulle is op 17 Oktober in hegtenis geneem buite ‘n Londense hotel, waar die Energy Intelligence Forum gasheer was vir leiers in die olie- en gasbedryf. Al vyf is daarvan beskuldig dat hulle nie gehoor gegee het aan ‘n bevel wat ingevolge die Wet op Openbare Orde deur die polisie gemaak is om hul betoging na ‘n aangewese area naby die konferensie te verskuif nie.