Afcon: Groot aand vir Bafana Bafana

Die hele Suid-Afrika se hoop is vanaand op Bafana Bafana gevestig wanneer hulle teen die Kaap Verdiese Eilande te staan kom in die kwarteindronde van die Afrikabekertoernooi in Ivoorkus. Die span het verras deur die beste span op die vasteland, Marokko, in die ronde van 16 te verslaan. Nigerië het gisteraand vir die halfeindstryd kwalifiseer na ‘n taai 1-0 oorwinning oor Angola. En die DR Kongo, wat ‘n ruk lank agter was, het Guinee 3-1 geklop vir hulle plek in die halfeinstryd. Mali speel teen die gasheerland in vandag se ander kwarteindstryd.