Robot-bedelaars handel oor meer as armoede

Die verskynsel van haweloosheid en armoede in Namibië het ‘n brandende kwessie geword. Sosiale media gebruikers vra al hoe meer of die regering nie iets kan doen om die ma’s te help wat met hul kinders by verkeersligte staan en vir geld bedel nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Rosa Namises gepraat, wat sê dit is baie hartseer vir ‘n land met so min mense om te sien hoe ma’s nie hulle kinders behoorlik kan versorg nie, want hulle staan heeldag by verkeersligte om geld te kry om te oorleef. Sy voeg by dat die regering nie hierdie ma’s as verkiesingsinstrumente moet gebruik nie, maar hulle daadwerklik moet help.