Dwelms: Smokkelaars raak kreatief

Net in Desember het die polisie meer as 9 miljoen Namibiese dollar se dwelms gekonfiskeer. Die meerderheid daarvan was groot hoeveelhede dagga ter waarde van amper 8,9 miljoen dollar, maar daar is ook op Mandrax, kokaïen stukkies en ‘cat’ beslag gelê. Die voormalige hoof van Nampol se dwelmeenheid, Hermie van Zyl, het met Kosmos 94.1 News gesels oor die vooruitsigte vir dwelm-misdaad in 2024 en sê dwelmbase maak voortdurend nuwe planne om hul produkte in die land te kry.