Nog ‘n beroep op SA-kiesers om te registreer

ActionSA sê die jeug is die geslag wat demokrasie 30-jaar terug gedoop het en hulle moet nou die dryfveer agter verandering wees. Die ActionSA-lid, Nasiphi Moya, het tydens die Veelpartyhandves vir Suid-Afrika se kiesersregistrasiegeleentheid gepraat en beklemtoon die verkiesing is ‘n kritieke oomblik vir Suid-Afrikaners vir keuses wat hul toekoms sal vorm. Sy vra kiesers om te registreer en die verkiesing van ‘n nuwe regering te verseker wat die land se uitdagings sal regstel.