NSFAS-aansoeke verleng

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente sê hy verleng die 2024-beursaansoek vanaf môre tot 15 Februarie. Die skema se waarnemende raadsvoorsitter, Lourens van Staden, en die president van die Suid-Afrikaanse Studentevakbond, Yandisa Ndzoyiya, het hierdie ooreenkoms bereik tydens ‘n bespreking oor die stand van gereedheid vir die begin van die akademiese jaar. Die woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê studente wat reeds aansoek gedoen het, hoef nie ‘n nuwe aansoek in te dien nie: