SA moet onafhanklike teenkorrupsie-kommisie hê

Die DA sê dis nou belangriker as ooit dat ʼn onafhanklike teenkorrupsie-liggaam gevestig word om korrupsie en kaderontplooiing te beveg. Volgens die jongste korrupsiepersepsie-aanwyser kry Suid-Afrika 41 uit ʼn moontlike 100, sy swakste plasing ooit. Glynnis Breytenbach van die DA sê hierdie vlak van stygende korrupsie in Suid-Afrika kan regstreeks toegeskryf word aan die ANC se sistemiese insypeling in die openbare sektor en kaderontplooiing: