Die “Some Things Shouldn’t Breed” Valentynsdag-veldtog

Daar is ‘n produktiewe en, ja, filantropiese manier om jou haat vir jou eks uit te leef, soos gedemonstreer deur die diereskuiling se nie-so-romantiese Valentynsdag-veldtog.

Homeward Bound Pet Adoption Centre in Blackwood, ‘n diereskuiling gebaseer in New Jersey, VSA, het hul “Neuter Your Ex”-skenkingsgeleentheid vir Valentynsdag op Instagram bekendgestel.

Om van die geliefdes se feestelike geleentheid gebruik te maak, het die aannemingsentrum mense genooi om US$50 te skenk om ‘n wilde kat na hul eks te laat vernoem en dan te steriliseer.

Homeward Bound het op hul Instagram oor die promosie geskryf dat die kat gesteriliseer word voordat kiets terug na hul kolonie vrygelaat word as deel van hul lokval-steriliseer-terugkeer program.

Foto: Homeward Bound Pet Adoption Centre