Elizabeth se Range Rover te koop…

‘n Range Rover wat eens aan die ontslape koningin Elizabeth behoort het, is te koop. Die donkerblou voertuig met ivoorkleurige leerbekleedsel is doelgemaak vir koninklike gebruik. Dit is ook toegerus met ʼn wysiging wat die voertuig makliker toeganklik maak. Dis in 2017 verkoop en die nuwe eienaar bied dit nou te koop aan vir 5,3 miljoen Namibiese dollar − met dieselfde registrasienommer wat die koningin gebruik het. Die verkoopsman, Jack Morgan-Jones, sê enigeen kan ‘n nuwe Ferrari aanskaf, maar nie elkeen kan die koningin se voertuig koop nie.