Ritterburg-gebou kry uiteindelik aandag
Die toerisme-ministerie is besig om die tenderproses af te handel om ‘n kontrakteur aan te stel om die Ritterburg-gebou in Swakopmund, waar sy kantore in die kusdorp geleë is, op te knap. Die ministerie het 2,6 miljoen Namibiese dollar hiervoor begroot. Die werk sal na verwagting in April of Mei begin en behoort in Augustus of September voltooi te wees. Dit vorm deel van die ontwikkelingsintervensies in die Namparks V Projek. Die program word mede-gefinansier deur die Duitse KfW Ontwikkelingsbank. Die ministerie het ook 5 miljoen dollar begroot vir die opknapping en uitbreiding vanjaar van die Walvisbaai-kantoor.