Tötemeyer laat blywende erfenis na: Dr. Melber

Professor Gerhard Tötemeyer, wat in die ouderdom van 88 oorlede is, was ‘n deel van Namibië se pad na onafhanklikheid wat nou vir altyd verby is. Dit is volgens die bekende Namibiese politieke kommentator en navorsingsdirekteur by die Skandinawiese Nordic Africa Institute, dr. Henning Melber, wat professor Tötemeyer 40 jaar gelede die eerste keer ontmoet het. Dr Melber bring hulde en sê professor Tötemeyer laat ‘n blywende erfenis na.