Cyril prys Agoa vir Afrika se toekoms

President Cyril Ramaphosa sê die bekendstelling in Suid-Afrika van voorkeurhandel ingevolge die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied, of Agoa, is ‘n geskiedkundige oomblik in die vasteland se ekonomiese toekoms. Hy het in eThekwini in KwaZulu-Natal gepraat en pleit vir ‘n wegbeweeg van die uitvoer van grondstowwe na die ontwikkeling van goedere wat in Afrika vervaardig is. Volgens Ramaphosa het die ooreenkoms die potensiaal om nywerheidsontwikkeling te laat vlam vat en inklusiewe groei te bevorder.