Nuwe fietsbane sal fietsryers beskerm

Die president van die Namibiese fietsryfederasie, Axel Theissen, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor nuwe fietsrybane wat op die westelike verbypad by die hoofstad aangelê gaan word. Die bane het noodsaaklik geword weens die groot aantal fietsryers wat die pad gebruik, en wat dikwels deur motors raakgery en ernstig beseer word, of selfs sterf. Die bekende rugbyspeler Gerhard Mans se pa is ook op die pad van sy fiets gestamp, wat sy lewe geëis het. Theissen gee meer inligting oor die stand van sake.