Universal Music gaan liedjies op TikTok verwyder

Universal Music gaan sy miljoene liedjies op TikTok verwyder ná ‘n dooiepunt in gesprekke oor betaling. Die stap sal beteken die sosiale media-platform sal nie meer toegang hê tot liedjies deur kunstenaars soos Taylor Swift, The Weeknd en Drake nie. Universal het TikTok van afknouery beskuldig en gesê hy wil ‘n fraksie van die tarief betaal wat ander sosiale media-webwerwe betaal vir toegang tot sy uitgebreide katalogus. TikTok beskuldig Universal van ‘n vals storie en retoriek.