Stad Windhoek sloer met besparingsveldtog

Inwoners van Windhoek is weer 22 persent oor die waterbesparingsteiken van 10 persent. Stad Windhoek sê vir die week 22 tot 29 Januarie is verbruik op 122 persent van die teiken aangeteken. Daar is net 21,8 persent waterbronne in die drie sentrale damme oor, en dit vir Maandag se dambulletin van NamWater. Op die oomblik benut Windhoekers ook herwinde water, boorgatbronne en die akwifer. Kosmos 94.1 Nuus het onlangs met die stad se hoof uitvoerende beampte Moses Matyayi gepraat wat bevestig het die stad sal eers sy water-besparingsveldtog in Februarie begin.