Noorde se riviere vertoon goed

Met neerslae in die Angolese opvangsgebied van die Kunene-rivier is die vloei by die Ruacana hidroëlektriese-aanleg op 322,1 kubieke meter per sekonde aangeteken. Dit is baie hoër as die vlakke wat in vorige jare aangeteken is en is goeie nuus vir NamPower se kragopwekking vermoë. Die Okavango-rivier is ook baie hoog, op net bo 6 meter by Rundu teenoor verlede jaar se 4,68 meter. By Katima Mulilo is die Zambezi-rivier op 1,47 meter gemeet. In die Suide is die Oranje by Blouputs tans op 1,56 meter en amper 2 meter by Sendelingsdrif.