Earhart-raaisel dalk opgelos?

Een van lugvaart se grootste raaisels is dalk opgelos – die verdwyning van Amelia Earhart bykans 87 jaar gelede. Die Amerikaanse pionier was die eerste vrou wat ‘n solovlug oor die Atlantiese Oseaan uitgevoer het, maar haar vliegtuig het gedurende ‘n vlug rondom die wêreld in 1937 oor die Stille Oseaan verdwyn. Sy is twee jaar later dood verklaar. ʼn Voormalige vlieënier van die Amerikaanse Lugmag en uitvoerende hoof van Deep Sea Vision, Tony Romeo, glo sy span het tussen Australië en Hawaii sonarbeelde vasgevang van iets wat soos ʼn vliegtuig lyk en wat hy glo is moontlik die wrak van Earhart se Lockheed10-E Electra.