Joni Mitchell, 80, gaan eerste keer by Grammys optreeJanuary 30, 2024
Die sangeres en liedjieskrywer, Joni Mitchell, sal op die ouderdom van 80 die heel eerste keer by vanjaar se Grammy-toekennings optree. Sy is veral bekend vir haar treffer, Big Yellow Taxi, en is ‘n benoemde in die kategorie Beste folk-album vir haar 2023 regstreekse album, Joni Mitchell at Newport. Die negemalige Grammy-pryswenner moes weer leer loop, praat en kitaar speel nadat sy in 2015 ‘n byna dodelike brein-aneurisme opgedoen het. Die Grammys vind Sondag in Los Angeles plaas en die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah sal die aanbieder wees.