Lüderitz op pad na ontwikkelingsbrandpunt

Verlede jaar het Duitsland se federale ministerie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling aangekondig dat hy 121 miljoen Namibiese dollar sal finansier om stedelike beplanning en ontwikkeling in Lüderitz te ondersteun. Duitsland se ontwikkeling-minister, Svenja Schulze, het gesê Namibië het baie potensiaal vir hernubare energie en kan “‘n suksesverhaal” skryf in die uitbreiding van groen waterstof-produksie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Salomo Hei, die besturende direkteur van High Economic Intelligence, wat sê die dorp sal ook ‘n brandpunt word as gevolg van die Oranjekom-olie-ontwikkelings.