Kaapse bergsebra-vul bring hoopJanuary 30, 2024

CapeNature sê die unieke vul wat in die Sanbona-wildreservaat buite Montagu gebore is, is ‘n baken van hoop vir die bewaring van die Kaapse bergsebra. Dié diere was die afgelope 300 jaar hoogs bedreigd weens jag en die vernieting van hul habitat. CapeNature se bewaringsplanne het egter ‘n beduidende toename in die getal Kaapse bergsebras tot gevolg gehad. Die organisasie sê die unieke vul wat in die park gebore is, dien as ‘n bewys van die veerkragtigheid van die natuur wanneer die mens ‘n handjie bysit.