Aussie Ope stel nuwe bywoningsrekord op

Tennis: Die Australiese Ope het vanjaar weer die bywoningsrekord vir Grand Slam-toernooie verpletter toe meer as een-miljoen toeskouers deur die hekke van Melbournepark gestroom het. Die toernooi het verlede jaar die vorige rekord opgestel teen net meer as 902-duisend. Na wat berig word is dit ‘n inspuiting van meer as 7,2 miljard Namibiese dollar in die plaaslike ekonomie. Aryna Sabalenka van Belarus en die Italianer, Jannik Sinner, is as die kampioene gekroon.