Gauteng gaan 3 000 MK-veterane kry om misdaad te beveg

Die ANC se Gautengse voorsitter, Panyaza Lesufi, sê hy gaan 3 000 uMkhonto weSizwe-veterane aanstel om misdaad in die provinsie te bekamp. Hy het die naweek by ʼn vergadering in die Orlando-Wes-gemeenskapsaal gepraat wat deur ANC-vrywilligers in Groter-Johannesburg bygewoon is. Dis deel van die regerende party se verkiesingsveldtog. Lesufi sê buiten die werwing van MK-veterane, het die provinsiale regering reeds beloof om 35 000 werkers weer aan te stel. Dit sluit onderwysers en verpleegkundiges in wie se kontrakte verstryk het.