Groot Aub kry sewe meer boorgate

Die sentrale gebiede staar erge waternood in die gesig, met damme wat baie leër is as verlede jaar. Groot Aub is deel van die sentrale gebied en sy water word verskaf deur een boorgat, maar daar word verwag dat nog sewe boorgate geboor sal word. Die voorsitter van Groot Aub se adviserende kommittee, Ivan Skrywer, sê die nedersetting se waterprobleme sal iets van die verlede wees wanneer al die uitstaande boorgate klaar is.